Kartweliese tale

Kartweliese tale
Suid-Kaukasiese of Iberiese tale
Geografiese
verspreiding:
Kaukasus, Turkye,
ander lande
Genetiese
klassifikasie
:
Proto-Kartwelies
 Kartweliese tale
Onderafdelings:
Swan
Korto-Zan (Georgies)
Zan
Laz

Verspreiding van Kartweliese tale

Die Kartweliese tale (Georgies: ქართველური ენები), ook Suid-Kaukasiese tale of Iberiese tale genoem, is ’n taalfamilie van die Kaukasus wat hoofsaaklik in Georgië gepraat word. Daar is ook groot groepe sprekers in Rusland, die Verenigde State, die Europese Unie, Israel[1] en die noordoostelike dele van Turkye.[2] Daar is wêreldwyd sowat 5,2 miljoen sprekers van Kartweliese tale.

Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Dit is nie verwant aan enige ander taalfamilie nie en is dus een van die wêreld se primêre taalfamilies.[3] Die eerste bekende geskrif in ’n Kartweliese taal is ’n inskripsie van Abba Antoni by ’n Georgiese klooster naby Betlehem in die antieke Georgiese skrif.[4] Dit dateer uit 430 n.C.[5][6][7]

Saam met die Noordoos-Kaukasiese tale en die Noordwes-Kaukasiese tale maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.

  1. (en) Languages of Israel
  2. (en) Ethnologue entry about the Kartvelian language family
  3. (en) Dalby (2002), bl. 38
  4. (en) Lang (1966), bl. 154
  5. (en) Asya Pereltsvaig, Languages of the World, bl. 74
  6. (en) Encyclopaedia Britannica, bl. 752
  7. (en) Merriam-Webster's Encyclopedia, bl. 646

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search